2010

2508.  5 JANUARIE

Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is op Poortjie Farm tussen Senekal en Steynsrus vermoor. Retha het buitentoe gegaan toe die kragopwekker gaan staan het. Daar is sy oorval en gesteek.  Sy en haar man is daarna in die kop geskiet.

2509.  6 JANUARIE

Christa Denicker (53) is op ʼn hoewe in Melodie buite Hartbeespoort deur twee mans oorval. Sy is in die heup gewond en is beroof.

2510.  7 JANUARIE

ʼn Aanvaller het ʼn wapen op die eienaar (50) van ʼn hoewe in Leeuwfontein noordoos van Pretoria gerig. Die eienaar het die aanvaller doodgeskiet.

2511.  12 JANUARIE

Michael Steinacker (69), ʼn plaasbestuurder van Lenteland-plaas in die suide van Johannesburg, is deur tydelike werkers aangeval. Hy is met ʼn vurk in die rug gesteek. Bene in sy gesig is gebreek, sy wangbeen is vergruis en sy arm en been is erg beseer in die aanval.

2512.  13 JANUARIE

Me Jean Mcleod (79), ʼn boer, is met haar aankoms op haar plaas buite Stutterheim deur ʼn man aangeval. Sy is erg aangerand. Sand is onder meer in haar mond geprop en in haar oë gegooi. Sy is vasgebind en beroof.

2513.  13 JANUARIE

Janet Meyer (55), wat in ʼn karavaan op ʼn plaas by Leaches Bay gebly het, is aangeval, verkrag en gesteek. Sy is later aan infeksie in die wonde dood.

2514.  14 JANUARIE

Jan Smith (62) en sy vrou, Lilly (57), is op ʼn hoewe naby Jongensfontein by Stilbaai vermoor.

2515.  14 JANUARIE

Jan van der Westhuizen (59), ʼn melkboer, is op sy Houtnek-hoewe in die Petrus Steyn-distrik deur ʼn man aangeval. Die aanvaller het op hom geskiet, maar die skoot het nie afgegaan nie. Jan is beroof.

2516.  20 JANUARIE

Johan Swart en sy vrou, Marietjie (48), en hul twee seuns het wakker geword van ʼn geluid in die huis op ʼn hoewe in Mooiplaats, oos van Pretoria. Johan het gesien hoe twee mans deur die venster klim en hy het skote op hulle geskiet. Een man het teruggeskiet en hom in die onderlyf gewond.

2517.  21 JANUARIE

Johan Venter (59) is in ʼn aanval deur twee mans op die plaas Keerom naby Stofberg noodlottig in die kop geskiet. Sy vrou, Rentia (60), is in die arm en maag gewond en is in die hospitaal opgeneem.

2518.  21 JANUARIE

Hendrieka van der Merwe (59) is ook naby Stofberg deur drie mans aangeval. Uit die beskrywing van die aanvallers wil dit voorkom of dit moontlik dieselfde aanvallers as dié van die Venters kon wees.  Sy is beroof en deur die aanvallers ontvoer, maar die motor het gaan staan en sy het ongedeerd daarvan afgekom.

2519.  21 JANUARIE

Jan de Beer (in sy 40’s-50’s) is op ʼn plaas in die Middelburg-omgewing deur sy tuinier aangeval. Hy is in die arm gewond.

2520.  22 JANUARIE

Shaun en Arlene Jay Spence van Plot 156, Elandshoek buite Cullinan is deur agt mans oorval en van onder meer twee vuurwapens beroof.

2521.  22 JANUARIE

Wilhelm Rochér en ander boere het op veediewe buite Swartruggens afgekom. Die veediewe het op die boere begin en die vuur is beantwoord. Een veedief is noodlottig gewond.

2522.  24 JANUARIE

Dr Ernest Giesekke (69) is by die watertenk op sy plaas Goodhope naby Ficksburg deur drie aanvallers oorval en met ʼn groot klip oor die kop geslaan. Hy is gesteek en toe keelaf gesny. Daarna is die aanvallers na die huis waar sy vrou, Eve (77), beroof is.

2523.  24 JANUARIE

Eugène Ramsauer (44), sy broer, Johan (45), en ʼn vriend, Marno Gerber (27), is op die plaas Driefontein by Wellington aangeval. Toe Eugène die aanvallers gekonfronteer het en wou weet wat hulle op die plaas soek, is hy met ʼn plank geslaan. Gerber is in die arm gesteek.

2524.  25 JANUARIE

Theresa Eksteen (51) is in huis op ʼn rivierhoewe buite Stilfontein deur ʼn man, wat sy vroeër afgedank het, oorval. Sy is met ʼn panga gekap, haar wang is tot op die been oopgekloof en sy is oor die kop geslaan. Haar hande is stukkend gekap en haar pinkie is feitlik afgekap. Sy is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

2525.  26 JANUARIE

Ockie Malherbe (63), sy vrou Emmerentia (53), sy seun WD (34) en sy dogtertjie, Kaycee (5), is op die plaas Doelen by Mokopane (Potgietersrus) deur agt mans aangeval. Drie van die agt was in polisiedrag. Sakke is oor Ockie en Emmerentia se koppe getrek en hulle is gewurg. Al die slagoffers behalwe die vyfjarige Kaycee is met skokstokke geskok. Die plaas is beroof.

2526.  30 JANUARIE

Issie en Ben Bronn (in hul 50’s) is op ʼn Elandshoek- hoewe by Cullinan deur drie mans in die bed oorval. Toe die aanvaller ʼn vuurwapen uit die kluis roof, het dit afgegaan en hom (die aanvaller)  gewond.

2527.  1 FEBRUARIE

Mannetjie Pieterse (69), sy seun, Johan (27), en kuiergaste is op die plaas Houtvolop by Schweizer-Reneke deur twee mans aangeval. Johan is met ʼn vuurwapen oor die kop geslaan.

2528.  4 FEBRUARIE

Koos van Staden (70) is op die Glenco Sugar Estate-plaas naby Hoedspruit deur ʼn aanvaller van buite ʼn oop venster in die bed doodgeskiet. Die skoot het hom in die nek getref. Sy vrou, Henriette (66), het op die aanvallers geskiet en hulle het gevlug.

2529.  5 FEBRUARIE

Collin McLaud (63) is op ʼn hoewe buite Meyerton doodgeskiet. Sy aanvallers het hom eers gedwing om die kluis oop te maak waarna vier vuurwapens geroof is. Hy is toe in die kombuis twee keer in die bors geskiet. Dit was noodlottig.

2530.  7 FEBRUARIE

Fanie Venter (66) is op ʼn plaas 25km buite Bethal deur drie aanvallers met ʼn kopskoot doodgeskiet. Sy ma, Hannetjie (79), is nie beseer nie maar moes die kluis vir die aanvallers oopsluit. ʼn Vuurwapen en kontant is onder meer gebuit.

2531.  8 FEBRUARIE

Jeff Edwards van Gedeelte 57 Jakkalsdans buite Cullinan is op die hoewe aangeval en ernstig beseer. Hy is in die hospitaal opgeneem.

2532.  11 FEBRUARIE

Wiekie Cloete (60) is op die plaas Smithfield in die Ermelo-omgewing deur drie persone aangeval, aangerand en beroof. Die aanvallers was militêr baie goed opgelei en het Z88-wapens gehad.

2533.  12 FEBRUARIE

Die Ebersohn-gesin is op ʼn hoewe buite Middelburg aangeval. Die seun, wat ʼn geluid gehoor het, het buite toe gegaan, en is toe aangerand. Die aanvallers was Middelburgse polisielede.

2534.  12 FEBRUARIE

Kieries Reynders (±30) se hond is vergiftig, waarna aanvallers op sy huis in die Middelburg-omgewing toegeslaan het. Hulle het by die voor- en agterdeur toegeslaan waarop hy skote na buite geskiet het. Die aanvallers het gevlug.

2535.  14 FEBRUARIE

Daan Venter (in sy 60’s) en sy vrou, Anta, is deur vier mans op die plaas De Rust buite Hendrina aangeval. Hulle is  beroof.

2536.  14 FEBRUARIE

Tarien de Jager (37) en haar man is deur drie mans op die plaas Tafelkop buite Ermelo aangeval, nadat haar pa (Piet) reeds vasgebind was. Hulle is  beroof.

2537.  19 FEBRUARIE

Francois Booysen (70) en sy vrou, Esmé (54), is op die plaas in die Tinmyne-omgewing naby Mokopane deur twee mans oorval en met klippe doodgegooi. Hulle is van onder meer ʼn vuurwapen beroof.

2538.  24 FEBRUARIE

Kerneels Cronjé (83) en sy plaaswerker, David Mei (30), is by die beeskraal op die plaas Doornlaagte by Welkom deur agt mans oorval wat voorgegee het dat hulle beeste wil koop. Hulle is aangerand en vasgebind en die aanvallers is toe na die huis. Daar is Kerneels se vrou, Anna (85), en hul dogter, Petro (53), oorval, aangerand en vasgebind.  Die plaaswerker het daarin geslaag om hom los te kry en het hulp ontbied. Die gesin is beroof, onder meer van twee vuurwapens.

2539.  26 FEBRUARIE

Etienne Cannaerts (61), ʼn Belgiër, wat al jare by Lephalale (Ellisras) boer, is by sy plaashek op die plaas Cornwall oorval. Hy is vasgebind, keelaf gesny en is met ʼn byl doodgekap.

2540.  27 FEBRUARIE

Paul Dunn (49), ʼn plaasbestuurder, is in sy huis op ʼn sitrusplaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen deur drie mans aangeval. ʼn Struweling het ontstaan waartydens een aanvaller gewond is. Dunn is in die bors, nek, regterarm en rug geskiet en het aan sy skietwonde beswyk.

2541.  1 MAART

Ron Smith (70) is op ʼn hoewe buite Bela-Bela (Warmbad) in die bed oorval. Sy hande is aan die bed se kopstuk vasgemaak en hy is in die knie geskiet.

2542.  5 MAART

Robert Naudé Hunter (68) is op ʼn Mullerstuine-hoewe buite Vanderbijpark met ʼn panga doodgekap. Hy is van onder meer ʼn vuurwapen beroof.

2543.  12 MAART

Jan Wheeler (65), ʼn bestuurder op ʼn plaas sowat 10km buite Marble Hall is in die kamer oorval. Hy is met ʼn skerp voorwerp gesteek en verskeie keer geskiet.

2544.  13 MAART

Albert (Frik) van Deventer (64) is op die plaas Langwater naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater gebied met ʼn kopskoot vermoor. Sy vrou, Hannetjie (64), is aangerand.

2545.  13 MAART

Danie Nortjé (58) is op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark van buite die slaapkamervenster in die rug geskiet.

2546.  14 MAART

Chris Grobler (23) is op die plaas Labri buite Kroonstad deur ʼn man, wat weens diefstal afgedank was, met ʼn mes aangeval.

2547.  14 MAART

Nigel (70) en Lynnette Ralfe (64) is op die plaas Doornkop naby Estcourt deur twee mans aangeval. Toe Lynette probeer het om die deur toe te maak, het die aanvallers haar deur die deur doodgeskiet. Nigel is gewond.

2548.  18 MAART

Corene Benadé (42) en twee werkers, Mnre. Mvunwla en Phuti, is op die Rietspruit- hoewe by Vaalrand oorval en vasgebind. Sy is van onder meer drie vuurwapens beroof.

 

2549.  19 MAART

Koos van Staden (60), ʼn groenteboer in die Kleinfontein-distrik, 20km buite Brits is in sy slaapkamer doodgeskiet. Hy het sy vrou probeer beskerm deur die deur toe te hou, maar die aanvallers het deur die deur geskiet en die skoot het hom getref. Sy vrou Heleen (57) is ongedeerd.

 

2550.  23 MAART

Tina Muller (82) en Stuart Jonker (81) is in hul huis op die Ooswes-boerdery in die Sterkspruit-omgewing naby Nelspruit deur drie mans aangeval. Hulle is vasgebind en erg aangerand. Tina het ernstige kopbeserings opgedoen, haar kakebeen is gebreek en sy is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem.

 

2551.  25 MAART

Wilna Prinsloo (71), haar seun, Ben (45), en Philemon Mikweting (56), ʼn werker, is deur ses mans op ʼn hoewe sowat een kilometer vanaf die Boschkop-polisiekantoor, oos van Pretoria, oorval. Wilna is by die trappe afgegooi en vasgebind. Die slagoffers is aangerand en geskop en daar is op hulle getrap.

 

2552.  25 MAART

Robin Maguire (47) en sy gesin is op hul plaas Waterberry in die Brondal-omgewing buite Nelspruit oorval en beroof.

 

2553.  25 MAART

Walter Lakie (60 is op die plaas Makaya buite Nelspruit oorval en beroof.

 

2554.  25 MAART

ʼn Egpaar is op hul plaas in die De Rust-omgewing aangeval en beroof.

 

2555.  27 MAART

Twee huise op die plaas Jakkalsdans naby Moloto is deur meer as vier mans omsingel. Die twee gesinne is aangeval en daar is op hulle geskiet. Kobus Erasmus (40), sy seun Corrie (18), sy pa, Lukas (64), Kobus se vrou, Tessa (46), en hul twee kinders (17 en 10) het skuiling in ʼn kamer gaan soek. Corrie het met sy vrou, Marie, ook in sy huis ingevlug en op die vloer gaan lê.

 

2556.  27 MAART

Johan Boshoff(45) is op ʼn Loumarina-hoewe buite Randfontein Doodgeskiet.

 

2557.  3 APRIL

Eugène Terreblanche is met ʼn panga op sy plaas Witrandjiesfontein naby Ventersdorp doodgekap.

 

2558.  6 APRIL

Ernst Hoon (18) is van buite deur sy slaapkamervenster op ʼn hoewe by Leeuwfontein naby Kameeldrift doodgeskiet.

2559.  13 APRIL

Gert Pretorius (67) is op sy kleinhoewe Holgatfontein buite Nigel vermoor. Sy vrou oorleef die aanval.

 

2560.  16 APRIL

ʼn Man is op ʼn Dalmada-kleinhoewe by Polokwane vermoor en sy vrou is verkrag.

 

2561.  16 APRIL

Suna Steenberg (45) is op ʼn kleinhoewe by Kameelfontein in die kop geskiet. Sy was ses maande lank in ʼn koma na die aanval, maar is in Oktober 2010 oorlede.

 

2562.  18 April

Johannes Coetzee (60) is by Parys vermoor.

 

2563.  18 APRIL

Karel Griessel (49) is op sy plaas naby Ventersdorp.in die been geskiet.

2564.  21 APRIL

Boeta Basson (26) van Onderberg in die Laeveld is op sy familieplaas Inyoni naby Hectorspruit aangeval en geskiet toe hy by die plaashek aankom. Ses skote het deur die bakkie gedring en een het hom in die regterbors getref. Hy het met sy bakkie deur ʼn baksteenmuur gery om te ontvlug. Hy is in die intensiewe sorgeenheid van ʼn hospitaal opgeneem. Die aanvallers het gevlug.

2565.  28 APRIL

Dirk Human (41) is op ʼn kleinhoewe by Boschkop buite Pretoria vermoor. Sy tweejarige seuntjie moes toekyk.

2566.  1 MEI

Danie Pienaar is 33 keer met ʼn mes by Groblersdal gesteek.

2567.  5 MEI

Jan du Toit (80) is by Kameeldrift in die maag geskiet en oorleef nie die aanval nie.

2568.  8 MEI

Theunis Pelser (66) is by ʼn onderneming in Kameeldrift doodgeskiet toe drie mans daar opgedaag het om suiker te koop. Johan Swiegers, die eienaar van die onderneming (55) is skrams deur ʼn skoot getref en Theunis se vrou, Zelma was ook in die aanval maar is ongedeerd. Die drie aanvallers het in die voertuig waarmee hulle op die hoewe aangekom het, gevlug. Niks is geroof nie.

2569.  10 MEI

Robert Botha (58) is by Kameeldrift vyf keer met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Dit was noodlottig.

2570.  14 MEI

Johan Strydom (40) is in die Potchefstroom-omgewing met ʼn yster oor die kop geslaan en agter ʼn bakkie aangesleep.

2571.  17 MEI

Cornelia de Wet (32) van Carolina is in ʼn aanval in die been gewond.

2572.  19 MEI

Die Van Graan-gesin van Kameeldrift is aangeval.  Niemand is in die aanval beseer nie.

2573.  28 MEI

ʼn Man (50) is op ʼn hoewe buite Meyerton geskiet.  Sy dogters van onderskeidelik 16 en 18 is verkrag.

2574.  22 MEI

Marius Marais (44) is op ʼn hoewe buite Rustenburg doodgeskiet.

2575.  27 MEI

Piet Swart (58) en sy vrou, Ria (53), is op hul hoewe buite Klerksdorp deur gewapende rowers aangeval. Hulle is geskop en geslaan waarna Piet in die been geskiet is. Piet is in die waakeenheid van die hospitaal opgeneem en Ria, wat ʼn hartlyer is, is ook gehospitaliseer.

2576.  4 JULIE

Toby van Heerden (80) van Schweizer-Reneke en sy voorman, Hendrik Eksteen, en ʼn werker, Abraham Sesing, is op die plaas aangeval.  Eksteen het gewag totdat die aanvallers die deur afgebreek en het toe die een aanvaller gewond. ʼn Polisieman wat die wegkom-motor bestuur het, is ook aangekeer.

2577.  11 JULIE

Hannie Smit (77) is op haar hoewe buite Wolmaransstad vermoor.

2578.  3 JULIE

Daar is op Pierre van Rooyen op sy hoewe by Donkerhoek geskiet.

2579.  7 JULIE

Daar is op Freek Pohl op sy hoewe by Donkerhoek geskiet

2580.  14 JULIE

Lazarus Matla (49), ʼn veiligheidswag op ʼn hoewe by Boltonwold buite Meyerton, is doodgeskiet.

2581.  14 JULIE

Callie Ferreira (52) en sy vrou, Tina (48), is op die Uitzicht- hoewes by Kameeldrift aangeval.

2582.  21 JULIE

In ʼn aanval op ʼn plaas by Sherwood is Lorraine Karg (55) keelaf gesny, Hilda Linyene (34) is in die maag geskiet en Zakwe Mhlongo (65) is in die bors en rug gesteek.

2583.  21 JULIE

Gert Lange (67) is op die plaas Vaalbank in die Bethlehem-omgewing aangeval.

2584.  27 JULIE

Ryan Geyer (35) is op ʼn Swavelpoort-kleinhoewe tromp-op doodgeskiet toe twee gewapende mans by sy huis ingebreek het. Sy vrou, Bronwyn (33), is saam met sy lyk in die kas gedruk.

2585.  3 AUGUSTUS

Koos Daffue (46) is op die brug by Lephalale ingewag en doodgeskiet.

2586.  5 AUGUSTUS

Riana Schoeman (35) is op ʼn Brandbach-kleinhoewe by Cullinan deur twee rowers voor haar twee seuns van ses en vier doodgeskiet. Sy het probeer om haar voordeur toe te hou toe die koeël deur ʼn glasruit in die deur getrek en haar in die bors getref het. Die aanvallers het oor haar gehardloop en vir die kinders gevra waar die geld en bankkaarte is. Die aanvallers het gevlug met ʼn skootrekenaar en kontant wat hulle in Riana se sak gevind het. Die kinders het by haar lyk gewag totdat hul pa huistoe gekom het.

2587.  7 AUGUSTUS

Louise Jacobs (77) is op ʼn plaas buite Heidelberg deur vyf gewapende mans aangeval.  Sy het met ʼn haelgeweer op haar aanvallers geskiet en een getref. Die ander het weggehardloop.

2588.  7 AUGUSTUS

Simon Kwenaete (47) is op ʼn Barnardsvlei-kleinhoewe naby Mooinooi doodgeskiet.  Hy was werksaam by die kleinhoewe se kontantwinkel.

2589.  9 AUGUSTUS

Theuns Fourie (46) van Tzaneen is aan ʼn boom op sy hoewe vasgebind en met ʼn panga en piksteel doodgekap.  Sy huishulp is verkrag en in sy voertuig ontvoer.

2590.  14 SEPTEMBER

ʼn Plaaswerker is op ʼn plaas in Mpumalanga doodgeslaan kort voordat die aanvallers die boervrou oorval en beroof het.

2591.  17 SEPTEMBER

Francina Brink (85) is op ʼn hoewe by Bon Accord deur rowers in polisie-uniforms aangerand en vasgebind.

2592.  19 SEPTEMBER

ʼn Boervrou van Limpopo is deur drie aanvallers verkrag.

2593.  23 SEPTEMBER

Christa du Toit (53) is in Swacina-park op die Uitzicht-hoewes wes van Pretoria deur haar tuinier, Nyasha Mabura, doodgeskiet. Haar buurvrou, Mickey Coetzee (48) en haar huishulp, Maurine Mambo (30), is aangerand.

2594.  24 SEPTEMBER

Eddie Cressy (65) is op sy plaas Beginsel naby Clarens aangeval.

2595.  25 SEPTEMBER

John Staples (79) is op sy kleinhoewe Roodepoort by Bronkhorstspruit doodgeskiet.

2596.  29 SEPTEMBER

Cecelia Steynberg (51) is op haar plaas by Wesselsbron aangeval.  Sy het een aanvaller gewond.

2597.  6 OKTOBER

Le Roux se kontantwinkel is op Steenbokpan by Lephalale aangeval.

2598.  11 OKTOBER

Harold Bentley (58) is op die Andeon-hoewes in die weste van Pretoria geskiet.

2599.  18 OKTOBER

Gert Reyneke (71) is op ʼn hoewe by Kameeldrift doodgeskiet.

2600.  22 OKTOBER

Monya Holtzhausen (21) is tydens ʼn aanval op ʼn Estaire- hoewe buite Bloemfontein verkrag.

2601.  29 OKTOBER

Jan Ditmars (59) en sy vrou, Madi (50), is op hul kleinhoewe in Boschkop buite Pretoria aangeval.  Madi het een rower doodgeskiet.

2602.  31 OKTOBER

Andries van den Berg (82) is op sy hoewe Knoppieshoogte in Rikasrus buite Randfontein vermoor.  Die een kant van sy gesig is vergruis en een oor is afgeskeur.

2603.  1 NOVEMBER

Chris Badenhorst (67) van ʼn hoewe buite Johannesburg is gedeeltelik verlam in ʼn aanval. Toe hy nie vuurwapens aan sy aanvallers kon gee nie, is hy met gesmelte plastiek gebrand.

2604.  2 NOVEMBER

Johan Greyvenstein (54) en sy vrou, Annelise (53), se bebloede lyke is in hul bakkie gevind.  Hulle was van ʼn hoewe buite Musina.  ʼn Zimbabwiër is in verband met die moorde gesoek.

2605.  5 NOVEMBER

Barend Steyn (73) is op ʼn hoewe in Bloemspruit aangeval en wreed met ʼn strykyster gebrand is. Hy is daarna vermoor.

2606.  10 NOVEMBER

Hennie Benade (48) en sy vrou, Ann, asook hul huishulp, is op ʼn hoewe in Honingnestkrans in die noorde van Pretoria deur die tuinier en twee makkers vir ses ure lank vasgebind en aangerand.

2607.  16 NOVEMBER

Pieter van der Lith (65) en sy vrou, Henna, is op hul plaas Zwartklip buite Vivo vermoor.  ʼn Plaaswerker, Edward Ndou, is ook dood en daar word beweer dat die vrou hom geskiet het.

2608.  18 NOVEMBER

Andrew Fourie het kopbeserings opgedoen in ʼn aanval in die Vaalwater-distrik. Dit was noodlottig.

2609.  27 NOVEMBER

George Visser (47) is by Donkerhoek oos van Pretoria  in die nek geskiet en sy lewensmaat, Zelda Keulder, is aangeval. Zane Visser (6) moes toekyk hoe hulle aangerand word.

2610.  27 NOVEMBER

Jurie Louw (38) ʼn boer van die Kromdraai-omgewing buite Mogale (Krugersdorp), is met ʼn byl en knopkierie aangeval.

2611.  1 DESEMBER

Die Potgieter-gesin is op die plaas Tweefontein by Lindley aangeval en vermoor. Attie Potgieter (40) is met ʼn tuinvurk gesteek en met ʼn panga doodgekap. Sy vrou, Wilna (36,) en hul dogtertjie,Willemientjie (3), is in teregstellingstyl doodgeskiet.  Die aanvallers is vort met kredietkaarte en ʼn vuurwapen.

2612.  2 DESEMBER

Chris Erasmus (in sy 60’s) en sy vrou, Marthie (63), is op hul plaas Moedwil in die Koster-distrik aangeval. Marthie is doodgeslaan. Chris is erg aangerand en is in die hospitaal opgeneem. Vuurwapens, juwele en hul bakkie is geroof. Die bakkie is verlate naby Lethabong (Hartbeesfontein) gevind.

2613.  2 DESEMBER

Bakkies Böhmer van Piet Retief is aangeval en doodgeskiet.

2614.  7 DESEMBER

Johan Scholtz jr (32) is op ʼn plaas by Morgenson naby Amersfoort aangeval en geskiet. Sy vrou en kind is ongedeerd. Johan is in die hospitaal opgeneem.

2615.  7 DESEMBER

ʼn 76-jarige man is op sy plaas naby Stutterheim aangerand en vermoor.

2616.  16 DESEMBER

Tolstoi Schoeman (86) is op sy plaas Vygeboom in die eManzana (Badplaas-distrik deur ʼn plaaswerker en ʼn vriend met twee sweetpakbroeke verwurg. Sy vrou, Gudrun (65), is ontvoer om geld by ʼn kitsbank te gaan trek. Die aanvallers het die  motor buite Carolina gerol en het Gudrun net daar gelos en gevlug.  Hulle is twee dae later in hegtenis geneem.

2617.  22 DESEMBER

Marie Weilbach (79) is op ʼn plaas by Walkerville in die suide van Johannesburg deur twee werkers met ʼn pyp oor die kop geslaan. Dit was noodlottig. Haar kleinseun, Eon Viljoen (26), het albei die aanvallers doodgeskiet.

————————————————————————————————————————-

2508.     5 JANUARY

Koos van Zyl† (63) and his wife, Retha† (66), were killed on Poortjie Farm situated between Senekal and Steynsrus. Retha went outside after a generator had ceased. At the generator she was overpowered and stabbed.  She and her husband were then shot in the head.

2509.     6 JANUARY

Christa Denicker (53) was overpowered by two men on a smallholding at Melodie outside Hartebeespoort. She was wounded in the hip and was robbed.

2510.     7 JANUARY

An assailant aimed a firearm at a smallholding owner (50) at Leeuwfontein northeast of Pretoria.  The owner shot and killed the attacker.

2511.     12 JANUARY

Michael Steinacker (69), farm manager of Lenteland Farm south of Johannesburg, was attacked by casual workers. He was stabbed in the back with a garden fork. Some facial bones were broken and his cheek bone was crushed. He also sustained serious injuries to his arm and leg.

2512.     13 JANUARY

Ms. Jean McLeod (79), a farmer, was attacked as she returned home to her farm outside Stutterheim. She was brutally assaulted by the man. Sand was stuffed into her mouth and was strewn into her eyes. She was tied up and robbed.

2513.     13 JANUARY

Janet Meyer† (55), who was living in a caravan on a farm at Leaches Bay near East London, was attacked, raped and stabbed. She later succumbed to infection of the wounds.

2514.     14 JANUARY

Jan Smith† (62) and his wife, Lilly† (57), were killed on a smallholding outside Jongensfontein near Stilbaai.

2515.     14 JANUARY

Jan van der Westhuizen (59), a dairy farmer, was attacked on his Houtnek smallholding in the Petrus Steyn district. The assailant fired a shot at him but the firearm misfired. Jan was robbed.

2516.     20 JANUARY

Johan Swart (age not known) and his wife, Marietjie (48), as well as their two sons (ages not known) were waken by a noise in the house on a smallholding outside Mooiplaats, east of Pretoria. Johan saw how two men were climbing through the window and fired shots at them. One of them returned fire, wounding him in the lower body.

2517.     21 JANUARY

Johan Venter† (59) was fatally shot in the head in an attack by two men on the farm Keerom near Stofberg. His wife, Rentia (60), was wounded in the arm and stomach, and was admitted to hospital.

2518.     21 JANUARY

Hendrieka van der Merwe (59) was also attacked near Stofberg by three men. From the description of the attackers it would appear as if they could be the same suspects responsible for the attack on the Venters.  Van der Merwe was robbed and was abducted by the assailants, but the car had a breakdown and she got away, unscathed.

2519.     21 JANUARY

Jan de Beer (in his 40’s-50’s) was attacked by his gardener on a farm in the Middelburg area in Mpumalanga. He was wounded in the arm.

2520.     22 JANUARY

Shaun and Arlene Jay Spence (ages not known) of Plot 156, Elandshoek outside Cullinan, were overpowered by eight men and were robbed of two firearms, among other things.

2521.     22 JANUARY

Wilhelm Rochér and other farmers had a confrontation with stock thieves outside Swartruggens. The thieves opened fire on the farmers who returned fire. One stock thief was fatally wounded.

2522.     24 JANUARY

Dr. Ernest Giesekke† (69) was overpowered at a water tank on his farm Goodhope near Ficksburg by three attackers and was struck over the head with a huge stone. He was stabbed and his throat was slit. The attackers then proceeded to the homestead where his wife, Eve (77), was robbed.

2523.     24 JANUARY

Eugène Ramsauer (44), a farmer, Johan (45), and a friend, Marno Gerber (27), were attacked on the farm Driefontein outside Wellington. As Eugène confronted the attackers, asking what they were doing on the farm, he was assaulted with a plank. Gerber was stabbed in the arm.

2524.     25 JANUARY

Theresa Eksteen (51) was overpowered in her home on a river front smallholding outside Stilfontein by a man whom she had earlier dismissed. She was hacked with a panga and her cheek was cleaved to the bone. She was also struck on the head. Her hands were torn to pieces, her little finger being almost hacked off. She was admitted to hospital in a serious condition.

2525.     26 JANUARY

Ockie Malherbe (63), his wife Emmerentia (53), his son WD (34) and his little girl, Kaycee (5), were attacked on the farm Doelen near Mokopane (formerly Potgietersrus) by eight men. Three of the eight were wearing police uniforms. Bags were pulled over Ockie’s and Emmerentia’s heads and they were strangled. All of the victims, with the exception of the five year old Kaycee, were shocked with stun guns. The farm was robbed.

2526.     30 JANUARY

Issie and Ben Bronn (in their 50’s) were overpowered in bed on an Elandshoek smallholding outside Cullinan by three men. As one of the attackers seized a firearm from the safe, it went off, wounding him (the attacker).

2527.     1 FEBRUARY

Mannetjie Pieterse (69), his son, Johan (27), and guests who were visiting them were overpowered on the farm Houtvolop near Schweizer-Reneke by two men. Johan was struck on the head with a firearm.

2528.     4 FEBRUARY

Koos van Staden† (70) was shot dead in bed on the Glenco Sugar Estate near Hoedspruit by an attacker who fired at him from outside an open window. The shot hit him in the neck. His wife, Henriette (66), fired shots at the attackers and they fled.

2529.     5 FEBRUARY

Collin McLaud† (63) was shot dead on a smallholding outside Meyerton.  First his attackers had forced him to open the safe, and four firearms were seized.  In the kitchen he was shot twice in the chest. It was fatal.

2530.     7 FEBRUARY

Fanie Venter† (66) was shot and killed after a head shot on a farm 25 km outside Bethal by three attackers. His mother, Hannetjie (79), had to open the safe for the attackers. She was not injured. A firearm and cash were taken, among other things.

2531.     8 FEBRUARY

Jeff Edwards (age not known) of Portion 57 Jakkalsdans outside Cullinan was attacked and seriously wounded on the smallholding. He was admitted to hospital.

2532.     11 FEBRUARY

Wiekie Cloete (60) was attacked, assaulted and robbed on the farm Smithfield in the Ermelo area by three persons who clearly had had thorough military training and carried Z88 weapons.

2533.     12 FEBRUARY

The Ebersohn family (ages not known) were attacked on a smallholding outside Middelburg (Mpumalanga). The son, who had heard a noise, went outside and was assaulted. The attackers were members of the Middelburg police unit.

2534.     12 FEBRUARY

Kieries Reynders’s (±30) dog was poisoned before attackers raided his house in the Middelburg area. They hit at the back and front door simultaneously and he then fired shots in their direction. The attackers fled.

2535.     14 FEBRUARY

Daan Venter (in his 60’s) and his wife, Anita (age not known), were attacked by four men on the farm De Rust outside Hendrina. They were robbed.

2536.     14 FEBRUARY

Tarien de Jager (37) and her husband (age not known) were attacked by three men on the farm Tafelkop outside Ermelo after her father, (Piet) (age not known), had already been tied up. They were robbed.

2537.     19 FEBRUARY

Francois Booysen† (70) and his wife, Esmé† (54), were overpowered by two men on the farm in the Tin Mines area near Mokopane (formerly Potgietersrus). They were stoned to death and were robbed of a firearm, among other things.

2538.     24 FEBRUARY

Kerneels Cronjé (83) and a farm worker, David May (30), were overpowered at the cattle kraal on the farm Doornlaagte near Welkom by eight men who had pretended that they wanted to buy cattle. They were assaulted and tied up and the attackers then proceeded to the house. There they overpowered, assaulted and tied up Kerneels’s wife, Anna (85), and their daughter, Petro (53).  The farm worker managed to free himself and summoned help. The family was robbed of two firearms, among other things.

2539.     26 FEBRUARY

Etienne Cannaerts† (61), a Belgian, who had been farming near Lephalale (formerly Ellisras) was overpowered at the gate to his farm Cornwall. He was tied up, his throat was slit and he was hacked to death with an axe.

2540.     27 FEBRUARY

Paul Dunn† (49), a farm manager, was attacked in his house on a citrus farm in the Letsitele area outside Tzaneen by three men.  During the ensuing tussle one attacker was wounded. Dunn was shot in the chest, neck, right arm and back and succumbed to his bullet wounds.

2541.     1 MARCH

Ron Smith† (70) was overpowered in bed on a smallholding outside Bela-Bela (formerly Warmbaths). His hands were tied to the headboard and he was shot through the knee.

2542.     5 MARCH

Robert Naudé Hunter† (68) was hacked to death with a panga on a Mullerstuine smallholding outside Vanderbijpark. He was robbed of a firearm, among other things.

2543.     12 MARCH

Jan Wheeler† (65), a manager on a farm approximately 10 km outside Marble Hall, was overpowered in a room. He was stabbed with a sharp object and was shot several times.

2544.     13 MARCH

Albert (Frik) van Deventer† (64) was killed after a head shot on the farm Langwater near the Botswana border and Dorset in the Vaalwater area. His wife, Hannetjie (64), was assaulted.

2545.     13 MARCH

Danie Nortjé (58) was shot in the back from outside the bedroom window on his farm situated between Potchefstroom and Vanderbijlpark.

2546.     14 MARCH

Chris Grobler (23) was attacked with a knife on the farm Labri outside Kroonstad by a man whom he had dismissed because of theft.

2547.     14 MARCH

Nigel (70) and Lynnette Ralfe† (64) were attacked on the farm Doornkop near Estcourt by two men. As Lynette tried to shut the door the attackers shot her through the door, killing her. Nigel was wounded.

2548.     18 MARCH

Corene Benadé (42) and two workers, Messrs Mvunwla and Phuti, were overpowered and tied up on the Rietspruit smallholding outside Vaal Rand. She was robbed of three firearms, among other things.

2549.     19 MARCH

Koos van Staden† (60), a vegetable grower in the Kleinfontein district, 20 km outside Brits, was shot dead in his bedroom. He was trying to protect his wife by keeping the door closed but the attackers fired shots through the door, hitting him. His wife, Heleen (57), was unharmed.

2550.     23 MARCH

Tina Muller (82) and Stuart Jonker (81) were attacked in their home on the Ooswes Estate in the Sterkspruit area near Nelspruit. They were tied up and severely assaulted by three men. Tina sustained serious head injuries, her jaw was broken and she was admitted to hospital in a critical condition.

2551.     25 MARCH

Wilna Prinsloo (71), her son, Ben (45), and Philemon Mikweting (56), a worker, were overpowered by six men on a smallholding approximately one kilometre away from the Boschkop police office, east of Pretoria. Wilna was pushed down a flight of stairs and was tied up. The victims were assaulted and kicked, their attackers also stomping on them.

2552.     25 MARCH

Robin Maguire (47) and his family were overpowered and robbed on their farm Waterberry in the Brondal area outside Nelspruit.

2553.     25 MARCH

Walter Lakie (60) was overpowered and robbed on the farm Makaya outside Nelspruit.

2554.     25 MARCH

A couple (ages not known) was attacked and robbed on their farm in the De Rust area.

2555.     27 MARCH

Four men surrounded two homesteads on the farm Jakkalsdans near Moloto. The two resident families were attacked and shots were fired at them. Kobus Erasmus (40), his son, Corrie (18), his father, Lukas (64), Kobus’s wife, Tessa (46), and their two children (aged 17 and 10) fled into a room. Corrie and his wife, Marie, fled into his home and took cover on the floor.

2556.     27 MARCH

Johan Boshoff† (45) was shot dead on a Loumarina smallholding outside Randfontein.

2557.     3 APRIL

Eugène Terreblanche† (69) was hacked to death with a panga on his farm Witrandjiesfontein near Ventersdorp.

2558.     6 APRIL

Ernst Hoon† (18) was shot dead from outside his bedroom window on a smallholding outside Leeuwfontein near Kameeldrift.

2559.     13 APRIL

Gert Pretorius† (67) was killed on his smallholding Holgatfontein outside Nigel. His wife survived the attack.

2560.     16 APRIL

A man† (age not known) was killed on a Dalmada smallholding outside Polokwane (formerly Pietersburg) and his wife (age not known) was raped.

2561.     16 APRIL

Suna Steenberg† (45) was shot in the head on a smallholding outside Kameelfontein. She was in a coma for six months but died in October 2010.

2562.     18 April

Johannes Coetzee† (60) was murdered in the Parys area.

2563.     18 APRIL

Karel Griessel (49) was shot in the leg on his farm near Ventersdorp.

2564.     21 APRIL

Boeta Basson (26) of the Lowveld Underberg region was attacked and shot on his family farm Inyoni near Hectorspruit as he pulled up at the gate. Six bullets penetrated his bakkie, one hitting him in the right side of his chest. He drove straight into a brick wall in an attempt to get away from his attackers. He was admitted to the intensive care unit in hospital. The attackers fled.

2565.     28 APRIL

Dirk Human† (41) was killed on a smallholding near Boschkop outside Pretoria. His two year old boy witnessed the killing.

2566.     1 MAY

Danie Pienaar† (age not known) was stabbed with a knife 33 times. The attack happened in the Groblersdal area.

2567.     5 MAY

Jan du Toit† (80) was shot in the stomach in the Kameeldrift area. He did not survive the attack.

2568.     8 MAY

Theunis Pelser† (66) was shot dead at a business near Kameeldrift when three men came to buy sugar. Johan Swiegers (55), the business owner, was grazed by a bullet and Theunis’s wife, Zelma (age not known) was also attacked but escaped, unscathed. The three attackers fled in the same vehicle that brought them to them to the smallholding. Nothing was robbed.

2569.     10 MAY

Robert Botha† (58) was stabbed five times in the chest with a sharp object. It was fatal. The attack took place in the Kameeldrift area.

2570.     14 MAY

Johan Strydom† (40) was bludgeoned on the head with a piece of iron, and was dragged behind a bakkie. The attack happened in the Potchefstroom area.

2571.     17 MAY

Cornelia de Wet (32) of Carolina was wounded in her leg during an attack on her.

2572.     19 MAY

The Van Graan family (ages not known) of Kameeldrift was attacked. No one was injured in the attack.

2573.     28 MAY

A man† (50) was shot dead on a smallholding outside Meyerton. His daughters, aged 16 and 18 respectively, were raped.

2574.     22 MAY

Marius Marais† (44) was shot dead on a smallholding outside Rustenburg.

2575.     27 MAY

Piet Swart (58) and his wife, Ria (53), were attacked by armed robbers on their smallholding outside Klerksdorp. They were kicked and beaten before Piet was shot in the leg. Piet was admitted to the intensive care unit in hospital and Ria, suffering from a heart condition, was also hospitalised.

2576.     4 JULY

Toby van Heerden (80) of Schweizer-Reneke and his foreman, Hendrik Eksteen (age not known), as well as a worker, Abraham Sesing, were attacked on the farm.  Eksteen waited for the attackers to break down the door before firing shots. One attacker was wounded. A member of the police, who was driving the getaway vehicle, was also rounded up.

2577.     11 JULY

Hannie Smit† (77) was killed on her smallholding outside Wolmaransstad.

2578.     3 JULY

Pierre van Rooyen (age not known) came under fire on his smallholding near Donkerhoek.

2579.     7 JULY

Freek Pohl (age not known) came under fire on his smallholding near Donkerhoek.

2580.     14 JULY

Lazarus Matla† (49), a security guard on a smallholding near Boltonwold outside Meyerton, was shot and killed.

2581.     14 JULY

Callie Ferreira (52) and his wife, Tina (48), were attacked on the Uitzicht smallholding outside Kameeldrift.

2582.     21 JULY

Lorraine Karg’s† (55) throat was slit, Hilda Linyene† (34) was shot in the stomach and Zakwe Mhlongo† (65) was stabbed in the chest and back in an attack on a farm near Sherwood.

2583.     21 JULY

Gert Lange (67) was attacked on the farm Vaalbank in the Bethlehem area.

2584.     27 JULY

Ryan Geyer† (35) was shot at point blank on a Swavelpoort smallholding when two armed men broke into his house. His wife, Bronwyn (33), was pushed into the same wardrobe where his body was left.

2585.     3 AUGUST

Koos Daffue† (46) was ambushed and shot dead on the bridge near Lephalale (formerly Ellisras).

2586.     5 AUGUST

Riana Schoeman† (35) was shot dead in front of her two sons of six and four on a Brandbach smallholding outside Cullinan by two robbers. She was pushing against the front door when a bullet penetrated a glass pane in the door, hitting her in the chest. When she fell back the attackers stormed across her body, demanding the children to tell them where money and banking cards were kept. They fled with a laptop and cash found in Riana’s bag. The children stayed at her side until their father returned home in the evening.

2587.     7 AUGUST

Louise Jacobs (77) was attacked on a farm outside Heidelberg by five armed men.  She fired shots at them with a shotgun, hitting one. The others ran off.

2588.     7 AUGUST

Simon Kwenaete† (47) was shot dead on a Barnardsvlei smallholding outside Mooinooi.  He was employed at the cash store on the smallholding.

2589.     9 AUGUST

Theuns Fourie† (46) of Tzaneen was tied to a tree on his smallholding and hacked to death with a panga and a hatchet. His domestic worker was raped and abducted in his vehicle.

2590.     14 SEPTEMBER

A farm worker† (age not known) was beaten to death on a farm in Mpumalanga shortly before the attackers overpowered and robbed the farmer’s wife (age not known).

2591.     17 SEPTEMBER

Francina Brink (85) was assaulted and tied up on a smallholding outside Bon Accord by robbers in police uniforms.

2592.     19 SEPTEMBER

A farmer’s wife (age not known) of Limpopo was raped by three attackers.

2593.     23 SEPTEMBER

Christa du Toit† (53) was shot dead in Swacina Park on the Uitzicht smallholdings, west of Pretoria, by her gardener, Nyasha Mabura. Her neighbour, Mickey Coetzee (48) and her domestic worker, Maurine Mambo (30), were assaulted.

2594.     24 SEPTEMBER

Eddie Cressy (65) was attacked on his farm Beginsel near Clarens.

2595.     25 SEPTEMBER

John Staples† (79) was shot dead on his smallholding Roodepoort outside Bronkhorstspruit.

2596.     29 SEPTEMBER

Cecelia Steynberg (51) was attacked on her farm at Wesselsbron. She wounded one attacker.

2597.     6 OCTOBER

Le Roux’s cash store at Steenbokpan near Lephalale (formerly Ellisras) was raided.

2598.     11 OCTOBER

Harold Bentley (58) was shot on the Andeon smallholding in the west of Pretoria.

2599.     18 OCTOBER

Gert Reyneke† (71) was shot dead on a smallholding outside Kameeldrift.

2600.     22 OCTOBER

Monya Holtzhausen (21) was raped during an attack on an Estaire smallholding outside Bloemfontein.

2601.     29 OCTOBER

Jan Ditmars (59) and his wife, Madi (50), were attacked on their smallholding at Boschkop outside Pretoria.   Madi shot and killed one of the robbers.

2602.     31 OCTOBER

Andries van den Berg† (82) was killed on his smallholding Knoppieshoogte in Rikasrus outside Randfontein. The one side of his face was crushed and his one ear was ripped off.

2603.     1 NOVEMBER

Chris Badenhorst (67) of a smallholding outside Johannesburg was left partially paralysed by an attack. When he couldn’t hand firearms to his attackers, he was burnt with melting plastic.

2604.     2 NOVEMBER

The blood-stained bodies of Johan Greyvenstein† (54) and his wife, Annelise† (53), were found in their bakkie. They were from a smallholding outside Musina (formerly Messina).  A Zimbabwean was being wanted in connection with the murders.

2605.     5 NOVEMBER

Barend Steyn† (73) was attacked on a smallholding outside Bloemspruit and was burnt with a flat iron before being killed.

2606.     10 NOVEMBER

Hennie Benade (48) and his wife, Ann, as well as their domestic worker, were tied up and assaulted for six hours on a smallholding in Honingnestkrans north of Pretoria by the gardener and two accomplices.

2607.     16 NOVEMBER

Pieter van der Lith† (65) and his wife, Henna† (age not known), were killed on their farm Zwartklip outside Vivo.  A farm worker, Edward Ndou (age not known), was also killed and had allegedly been shot by the woman.

2608.     18 NOVEMBER

Andrew Fourie† (age not known) sustained fatal head injuries in an attack in the Vaalwater district.

2609.     27 NOVEMBER

George Visser (47) was shot in the neck near Donkerhoek east of Pretoria and his life partner, Zelda Keulder (age not known), was assaulted. They were attacked in the presence of Zane Visser (6).

2610.     27 NOVEMBER

Jurie Louw (38), a farmer in the Kromdraai area outside Mogale (formerly Krugersdorp), was attacked with an axe and a knobkierie.

2611.     1 DECEMBER

The Potgieter family was attacked and murdered on the farm Tweefontein near Lindley. Attie Potgieter† (40) was stabbed with a garden fork and hacked to death with a panga. His wife, Wilna† (36,) and little girl, Willemientjie† (3), were shot dead, execution style.  The attackers left with credit cards and a firearm.

2612.     2 DECEMBER

Chris Erasmus (in his 60’s) and his wife, Marthie† (63), were attacked on their farm Moedwil in the Koster district. Marthie was beaten to death. Chris was severely assaulted and admitted to hospital. Firearms, jewelry and their bakkie were stolen. The bakkie was found abandoned near Lethabong (formerly Hartbeesfontein).

2613.     2 DECEMBER

Bakkies Böhmer† (age not known) of Piet Retief was attacked and shot dead.

2614.     7 DECEMBER

Johan Scholtz Jr. (32) was attacked and shot on a farm at Morgenson near Amersfoort. His wife and child were not harmed, but Johan was admitted to hospital.

2615.     7 DECEMBER

A 76-year-old- man† was assaulted and killed on his farm near Stutterheim.

2616.     16 DECEMBER

Tolstoi Schoeman† (86) was strangled to death on his farm Vygeboom in the eManzana (formerly Badplaas) district by a farm worker and an accomplice. His wife, Gudrun (65), was abducted to withdraw cash from an auto teller. The attackers overturned the car outside Carolina and abandoned Gudrun right there. They were arrested two days later.

2617.     22 DECEMBER

Marie Weilbach† (79) was bludgeoned on the head with a steel pipe on a farm near Walkerville south of Johannesburg by two workers. It was fatal. Her grandson, Eon Viljoen (26), shot and killed both attackers.